Geskiedenis

Die Stilbaai Strandloperfees is in 1996 deur die Stilbaai Toerismeburo en Sakekamer begin om besoekers te lok tydens die stil lente-vankansietyd. Op daardie stadium was MTN die hoofborg.

Die fees het met tyd oorgeskuif na die Sakekamer toe en vanaf 2000 tot 2004 was deur geen eksterne hoodborg nie. Die feeskomitee was dus totaal afhanklik van fondse vanaf die plaaslike raad en wat hulle by plaaslike besighede kon bekom deur borgskappe.

Deur die verlies van kern lede om die fees te dryf en agv van gebrekkige fondse, was die laaste fees in 2004. Nou in 2013 het die baie dinamiese Sakekamer egter besluit om weer die fees te laat herleef!

NS:
In my persoonlike hoedanigheid wil ek die feeskomitee en Stilbaai alle voorspoed toewens met die Stilbaai Strandloperfees 2013!
Johann Nothnagel